-
Immediate download of Afrika(ans) in your choice of 320k mp3, FLAC, or just about any other format you could possibly desire. We have set a modest minimum price. However, if you feel like supporting our small independent record label and the ghetto youth of South Africa by paying more for the music, be our guest!
-
-
Comes in slimline jewel case with colour booklet.
Includes immediate download of 16-track album in your choice of MP3 320, FLAC, or just about any other format you could possibly desire.
-
-
lyrics
Verse 1_
Vat jou trug nadie dae van Parliament/
shit was vet soes mense wattie op skale klim/
Afrikaans vars wat ek virre vale spin/
as Isaac Mutant ‘n smurf verdala, kin!/
wie kô vroeër was Boeta D en DSA?/
sit Hamme se stoegha hie, nie is waa’/
toe jol Ramone oek nog stoepa oppie TV da’/
en Jazmo oek gaar mettie BOEPOEB PA DA!/
het jy nie flywe nie, kry Knoffelbruin!/
raaims ruk soe hat gits glat latte ghoffel skuim/
en met Scaly langsan is Mitchell’s fokkel Plain/
lain ma vorie Willetyn beginne koggel, shym/
en rus in vriede Mr Phat/ net een liewe wat ôs het/
gebruikie ure met respek/ innie gure plek jy tjek/
ma jou dure wêrk bedek/ die sure krêp perfek/
annie biewe rêp mis ek/ jou pure net is wêk/
peace an Lenny Bone, Pit en Bai/ met Jits oppie foun, ditsem, I!/
Liquid innie zone, stukkend kwai/ en Terror lattie toun flippin drai/
is Bitter, Cream wat Chuck jou Bruinstorm/
‘n skitter team wat plak gou uittorring/
is nes ek mien as drugs jou uit vorm/
disnis scheme as Vahk nou uitbolling/
ek wou met Devious koulêb/ lat ek serious gou rêp/
van D.Mus, Panaikz en Scabz/ met Load, Kamaal in êbs/
Phoenix mettie jêbs/ hie kô nou iets sterks!/
Disciples, Slew Dem, respek!/ heel laaste, hie is ek!
Verse 2_
Dans met wolwe innie skemer/ en staan innie Sonkring/
Het van Verlange Kraal is eners/ wat Agte elke man rondspring/
inne Verspeelde Lente/ sien vergeelde prente/
Tussen duiwels lê gesteelde sente/
was Onder engele in my Skooldae/
toe verstrengel hulle my met skoolvrae/ in oormaat/
Ziebie wat oor riool praat/
plas in Konings en Torings skool skaak/ ou kool-vraat/
my Belade virre enkeling/ is soes Koöperasie Stories in wenteling/
as gedagtes onthou en innie prente klim/
wan van Manakwalanners gooirie mense skim/
die ou formaat is Vyfster/
met Skollie innie yaat, hy slyp skêr/
altyd bollie as hy praat, hy skyt vêr/
pollie allie jaat!, hy kryp weg/
hy stollie oorie draad, hy’s uit, reg?/
tot innie Bosveld hotel/ wa hulle gou skêl ou pêl/
jou nou bel, foun sel/ Nommer asseblief!, oh hel, gou op tel!/
ôs Maplot elk woonstel/ wonner as ek lies of Skouspel jou kwel?/
miskien wen ekkie Jackpot/ en doenie Dans vannie Flamink oppie plek, hop!/
blind soes “Sien jy nou” inne blêkspot/
skimp soes hoe mien jy nou, jhy moet ek stop?!/
blink soes TV grou screen voetsek, shok!/
vannie Skoppensboer tot Transkaroo/
vlieg Arende doer tot krans ha bo/
aanvaarit ma soe as ek saans daa loer/
Tier Brigade annie moer/ soe sit Jaak daa op vloer
Verse 3_
Van Die Siel, Kees Marais, Ignatius/
ja, allie katte wat my inspirasie is/
en oekie spane wat ek soes inflasie mis/
ja, amal wat gehelpit met wie Jaakie is/
Kool Kees, Natiewe Tonge tot Hierogliewe/
skoon hees, massiewe longe, fok skiewe kiewe/
Oniks, aggressiewe klonge ok psigo diewe/
woon steeds presies soes donne, ôh diesie nuwe!/
Groot Proffessor, Petrus Klip ennnie Premier/
N.W.A., Annie Vêrkant, Alkoeliste, en dié se bier/
loep soes Chester, hieheen mikkie avontuur/
skên jy daa annie skwêrkant, kaalkop miste in diese uur/
Maria Johanna Blignaut/ bringe vlugsout/
en al klinkit soe maak Ou Vuil Dônner nooite glipfout/ in sy zip code/
soms val ek in Malib mode/
maa’ ek Spooksig met Metode Man en druk uit klip goud/
Koekemakranka is nette klipgooi/ soe mik mooi/
boem kommie klanke flits lekke blitsrooi/ oeh sluk prooi/
soekannie fank haa mits ekke fit gooi/ gloe distrooi/
voelannie bamp haa inne plekke this way/ soe flip flooi/ jis booi!/
na Swart Skaap, Asie-alleen tussen Die Wortels/
Kris Een, Grootjie Klein, issan Iemortel/
brak nasmaak glasie arseen sluk innie kortsels/
rus teen oortjie fyn en seepglad, zip innie gordels/
saam ‘n Stam Genaamd Strewe/ astrant soe vang sewe/
staan Jaak soe stram ewe/ soelank kaapse klank bewe/
en oek paap soes bang krewe/ vi faam loep plan skewe/
moet art oek kan vergewe/ uit daad kom dan lewe
credits
license
feed

feeds for ,